Welkom

Welkom by Fontainebleau Preprimêre Skool se webblad!

Ons is ‘n gevestigde preprimêre skool (sedert 1980) in Robindale, Randburg. Ons was voorheen ʼn staatskool en vanaf 2000 ʼn privaatskool wat as ʼn Art. 21 Maatskappy funksioneer en bestuur word deur ʼn verkose Direksie, bestaande uit die Hoof, senior personeel en ouers van die skool.

Babas vanaf vier maande tot Gr. R- maats vind daagliks hier ‘n wonderlike, geborge en stimulerende tuiste waar hulle speel-speel leer. Ons verskaf tweetalige onderrig, Afrikaans of Engels, volgens ouers se keuse. Ons skool spog met ʼn top gekwalifiseerde onderwysspan; ‘n pragtige speelterrein – spesiaal ontwerp vir verskillende ouderdomsgroepe; asook gebalanseeerde tuisgekookte maaltye en tussen- maaltydverversings.

Ons volg die Gautengse departementele skoolrooster. Smiddae is nasorggeriewe beskikbaar en die bywoning van die vakansieskool is by die skoolgeld ingesluit. Die skool is slegs op openbare vakansiedae en die vakansietydperk aan die einde van die jaar oor die Kersseisoen gesluit.

Vorderingsverslae vir ouer kleuters word elke semester uitgereik, asook ʼn aanpassingsverslag ná die eerste kwartaal. Daaglikse terugvoering oor slaaptye en voeding word aan ouers van die baba-afdeling verskaf. Terapeute is beskikbaar om ondersteuning te gee aan probleemareas en ʼn verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite word aangebied.

Ons deure staan altyd oop en enige probleem rakende kleuters, peuters of babas kan met vrymoedigheid met die hoof en/of klasonderwyseres bespreek word: ʼn kind baat by goeie samewerking en kommunikasie tussen ouers en die skool.

Ons bied agt instappies per jaar aan ter verryking van ons kurrikulum, heerlike piekniek en kuiergeleenthede saam met oupa en ouma, mammas, pappas en ʼn gesinspiekniek terwyl ons “konsert” hou.

Kom kuier gerus by ons – julle is hartlik welkom!

Groete
Cecile Hattingh (Skoolhoof)