Partytjiepret

Partytjiepret


Die huur prys sluit in:

  • Fietse – stel kantoor in kennis van ouderdomme van kinders
  • Laerskoolkinders moet asseblief eie fietse saambring
  • Kussings vir sitplekke in die lapa
  • Twee staaltafels en 2 tafeldoeke
  • Elektriese waterkooktoestel (urn) vir kookwater
  • Die vrieskas in die voorportaal kan vir roomys of roomyskoek gebruik word
  • Die mikrogolf kan in die kombuis gebruik word indien nodig. Stoof en stoofpanne is nie beskikbaar nie
  • Vullisblik
  • Kragpunt

Huur van springkasteel: R300 (additionele koste)

Slegs die skool se springkasteel en waterglybaan mag gebruik word. Bespreek in kantoor.

Partytjie-mamma sorg vir:

Koppies, pierings, teelepels, bekers, glase, mes, koekspaan, vuurhoutjies, skêr, vadoeke , alle eetgoed en drinkgoed.

Reëls

  1. Die terrein is beskikbaar vanaf 12h00 vir voorbereidings.
  2. Skoolkleuters moet om 13h00 deur die partytjie-mamma by die klas afgehaal word. Slegs kleuters waarvan ouers toestemming verleen het, mag onder personeeltoesig verwyder word. Bring asseblief die partytjielys met name van verjaarsdagmaatjies saam. Personeel kan ongelukkig nie die verantwoordelikheid aanvaar om toe te sien dat kleuters by die partytjie inskakel nie, aangesien hulle aan diens is. Partytjies mag nie later as 16h00 duur nie, aangesien werkers aan diens, moet opruim voordat hulle vertrek.
  3. Kinders gebruik die saal se toilette. Kinders moet na die toilette vergesel word.
  4. Slegs volwassenes gebruik die personeel se badkamer.
  5. Indien dit reën, sal ʼn alternatiewe datum beskikbaar wees teen geen eksta kostes nie.
  6. Dra asseblief sorg dat geen glasartikels breek nie. Meld asseblief by die kantoor aan indien dit wel gebeur het.
  7. Klaskamers of tafels en stoele van die klasse is nie beskikbaar vir partytjies nie.
  8. Geen laerskoolkinders ouer as 7 jaar mag op die skool se fietsies ry nie. Hulle mag wel eie fietse saambring.
  9. Kinders moet asseblief nie met fietse of motorfietsies van die skuinste (ramp) afjaag nie.
  10. Ballonne moet asseblief eers uitgedeel word as die kinders vertrek. Ballonstukke is gevaarlik vir ons kleuters wat gedurende die dag die fietsiebaan gebruik.
  11. Geen peuters of babas se doeke sal deur die skoolassistente geruil word nie, aangesien hulle middagtake verrig.
  12. Alle rommel moet voordat jy die terrein verlaat, in die vullishouer gegooi word. Die partytjie-area moet asseblief netjies gelos word.
  13. Die skool neem geen verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir partytjies nie. Partymammas neem volle verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir al die kinders en toerusting op die terrein.

Dankie vir jou samewerking!